‘ Die vrug van Die Gees, daarteenoor, is liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing… Ons lewe deur die Gees; laat die Gees nou ook ons gedrag bepaal. ‘
Gal 5:22-25
Wat ons doen
Die doel van die Pastorale bediening is om ondersteuning en berading te voorsien aan persone wat dit benodig, vanuit ons gemeente asook die gemeenskap van Middelburg, ongeag kerk verband.
In elke moeilikheid bemoedig Hy ons. Daarom kan ons ook ander bemoedig wat in allerlei moeilikheid verkeer. Ons kan hulle bemoedig met dieselfde bemoediging warmee God ons bemoedig.